AF/Prabhupada 0037 - Enigeen Wat Krishna Ken, Is ‘n Guru



Lecture on BG 7.1 -- Hong Kong, January 25, 1975

So hoe kan ons Bhagavān se energie verstaan, hoe kan ons Sy kreatiewe energie verstaan, en wat is die mag van Bhagavān, hoe doen Hy alles - dit wat ook baie wetenskaplik is. Dit word Kṛṣṇa wetenskap genoem. Kṛṣṇa-tattva-jñāna. Yei kṛṣṇa-tattva-vettā, sei guru haya (CC Madhya 8.128). Caitanya Mahaprabhu sê wie 'n guru is. Guru beteken yei kṛṣṇa-tattva-vettā sei guru haya: "Enigiemand wat Krsna ken, hy is 'n guru." 'n Guru kan nie vervaardig word nie. Enigiemand wat soveel as moontlik van Krsna weet... Ons kan nie soveel weet nie. Ons kan Krsna nie honderd persent ken nie. Dit is nie moontlik nie. Krsna se energieë is so ontelbaar. Parāsya śaktir vividhaiva śrūyate (CC Madhya 13.65, kommentaar). Een energie werk op een manier, 'n ander energie werk weer op 'n ander manier. Maar dit is alles Krsna se energie. Parāsya śaktir vividhaiva śrūyate. Mayādhyakṣeṇa prakṛtiḥ sūyate sa-carācaram (BG 9.10). Die prakṛti ... Ons sien hierdie blom wat uit die natuur kom, en nie net blomme nie, daar is soveel dinge wat uit sade voortspruit. Uit roossaad sal daar 'n roosboom opkom. Uit Belasaad sal daar 'n Belaboom opkom. So hoe gebeur dit? Dit is dieselfde grond, dieselfde water, en die saad lyk ook dieselfde, maar dit kom anders op. Hoe is dit moontlik? Dit word genoem parāsya śaktir vividhaiva śrūyate svābhāvikī Jnana. Die gewone man of die sogenaamde wetenskaplike, hulle sê, "Dit is die natuur wat produseer." Maar hulle weet nie wat die natuur is nie, wie toesig hou oor die natuur se aktiwiteite nie, wat die materiële aard is en hoe dit werk nie.

Dit word in die Bhagavad-Gita gesê, mayādhyakṣeṇa (BG 9.10). Kṛṣṇa sê, "Onder My toesig is die natuur besig om te werk." Dit is die feite. Die natuur, die materie ... Materie kan nie outomaties kombineer of saamsmelt nie. Hierdie wolkekrabber geboue, hulle word uit materie geskep, maar die materie het nie outomaties die wolkekrabber gebou geword nie. Dit is nie moontlik nie. Daar is 'n klein, klein siel, die ingenieur of die argitek, wat die materie neem en dit rangskik en die wolkekrabber bou. Dit weet ons uit ervaring. So hoe kan ons sê dat materie outomaties werk? Materie werk nie outomaties nie. Dit vereis 'n hoër brein, hoër manipulasie, dus 'n hoër orde. Net soos die hoogste orde in hierdie materiële wêreld die son is; die beweging van die son, die hitte-energie, ligenergie van die son. So hoe word dit benut? Dit word in die literatuur gesê: yasyājñayā bhramati sambhṛta-kāla-cakro govindam ādi-puruṣaṁ tam ahaṁ bhajāmi. Die sonplaneet is ook 'n planeet soos hierdie aardse planeet. Net soos wat daar op hierdie planeet al baie presidente was, was daar voorheen net een president, netso is daar by elke planeet een president. In die sonplaneet ontvang ons hierdie kennis vanuit die Bhagavad-gītā.. Krsna sê, Imam vivasvate yogaṁ proktavān AHAM avyayam: (BG 4.1) "Ek het eers al hierdie wetenskaplike kennis van die Bhagavad-Gita gespreek tot Vivasvān." Vivasvān beteken die president van die son wêreld, en sy seun is Manu. Dit is tyd. So gaan die tyd verby. Dit word die Vaivasvata Manu tydperk genoem. Vaivasvata beteken vanaf Vivasvān, die seun van Vivasvān. Hy word Vaivasvata Manu genoem.