AF/Prabhupada 0055 - Om Krishna aan te Raak deur Gehoor



Lecture on BG 2.18 -- Hyderabad, November 23, 1972

Caitanya Mahaprabhu se voorspelling: "Net soveel as wat daar stede en dorpe op die oppervlak van die wêreld is, so sal hierdie Hare Krsna mantra, of die naam van Heer Caitanya, oral oor gevier word. " Dit word gedoen. Daar is 'n groot veld waarbinne hierdie Hare Krsna beweging oor die hele wêreld bekend gestel kan word. Dit is prakties. Ongelukkig, hoewel Caitanya Mahaprabhu die saak aan elke Indieër toevertrou het... Nie net aan die Bengale, omdat Hy in Bengale verskyn het nie. Hy het dit nooit vir die Bengalies gesê nie. Hy het gesê, bhārata-bhūmite manuṣya-janma haila yāra (CC Adi 9.41). "Op hierdie heilige land van Bhāratavarṣa, moet elkeen wat sy geboorte geneem het as 'n mens, Hy moet sy lewe vervolmaak maak. "Janma sārthaka Kari. Jy kan nie preek sonder om jou lewe in die eerste plek perfek te maak nie. As ek onvolmaak bly, kan ek nie preek nie. 'n Mens moet perfek wees. Dit is nie baie moeilik nie. Ons kry rigting van groot wysgere en heilige persone en God, Krsna, Homself.

So om ons lewe volmaak te maak is glad nie moeilik nie. Ons is net verwaarloos. Dit is ons ongeluk. Mandāḥ sumanda-matayo Manda-bhāgyāḥ (SB 1.1.10). Want ons is Manda, Manda-mataḥ, ons het valse logika, valse "ism" en 'n mors van ons tyd ervaar.. Ons moet die regte pad uit die literatuur kry. Dan sal ons intelligent wees. Su-medhasaḥ. Yajñaiḥ saṅkīrtana-prāyair yajanti hi su-medhasaḥ (SB 11.5.32). Die kort-pad metode. Die intelligente klas van mense sal hierdie saṅkīrtana beweging vir sy geestelike opheffing van die lewe, neem. Dit is 'n feit, dit is wetenskaplik, dit is gemagtig. So moenie dit verwaarloos nie. Neem hierdie sing van die Hare Krsna as hart en siel, en oral... Niyamitaḥ smaraṇe na kālaḥ. Daar is geen reëls en regulasies, dat "Jy moet op hierdie tyd of die tyd, in hierdie posisie of daardie posisie sing nie." Nee. Want dit is veral bedoel vir hierdie gevalle gekondisioeneerde siele, daar is geen vaste en vinnige reël nie. Nāmnām Akari bahudhā nija-sarva-śaktis tatrārpitā niyamitaḥ smaraṇe na kālaḥ. Die naam, die heilige naam van Krsna, is so sterk soos Krsna self. Daar is geen verskil tussen Krsna en Sy naam nie. Krsna is Absoluut. Daarom is daar geen onderskeid tussen die naam Krsna en Krsna se vorm nie, Krsna se eienskappe, Krsna se aanhangers, Krsna se tydverdrywe. Alles is Krsna. As jy hoor oor Krsna, dan moet jy weet dat jy deur Krsna geraak word deur gehoor-ontvangs. As jy Krsna die Godheid sien, beteken dit dat jy persoonlik vir Krsna sien. Omdat Krsna absoluut is. Hy kan jou diens, op enige manier, aanvaar. Want Hy is alles. Īśāvāsyam idaṁ sarvam (ISO 1). Sy energie. Parasya brahmaṇaḥ śaktis tathedam akhilaṁ Jagat. Krsna se energie is alles. So as ons in voeling met Krsna se energie wil bly, met 'n klein bietjie kennis, is ons direk in kontak met Krsna. Dit is die proses. As jy 'voortdurend in kontak met Krsna is, dit is Krsna bewussyn. Dan word jy gesuiwer. 'n Gesuiwerde. Net soos wanneer 'n ysterstaaf in die vuur geplaas word, word dit warm, warmer, warmer, en uiteindelik is dit rooi warm. Wanneer dit rooi warm is, is dit nes 'n vuur. Dit is nie meer 'n ysterstaaf nie. Net so, as jy jouself altyd in Krsna bewustheid hou, word jy ge-Kṛṣṇized. Dit is die proses. Dan word alles gesuiwer; dan is jou geestelike lewe gevestig. Dan is jou lewe suksesvol.