AF/Prabhupada 0056 - Twaalf Outoriteite in die Geskrifte



Lecture on SB 7.6.1 -- Madras, January 2, 1976

śrī-prahrāda uvāca
kaumāra ācaret prājño
dharmān bhāgavatān iha
durlabhaṁ mānuṣaṁ janma
tad apy adhruvam arthadam
(SB 7.6.1)

Dit is Prahlāda Maharaja. Hy is een van die outoriteite van Krsna bewustheid. Daar word twaalf outoriteite in die śāstras genoem:

svayambhūr nāradaḥ śambhuḥ
kumāraḥ kapilo manuḥ
prahlādo janako bhīṣmo
balir vaiyāsakir vayam
(SB 6.3.20)

Hierdie is die verklaring van Yamarāja oor die outoriteite van dharma. Dharma beteken bhāgavata-dharma. Ek dink ek het gisteraand verduidelik, dharma beteken bhāgavata. Dharmaṁ tu sākṣād bhagavat-praṇītaṁ (SB 6.3.19). Net soos ons mnr Hoofregter oordeel uitspreek onder die wet, so kan die wette nie deur enige man op straat of sakeman vervaardig word nie, nee. Wette word slegs deur die staat, deur die regering vervaardig. Niemand kan dit vervaardig nie. Dit sal nie... As iemand in die hooggeregshof pleit: "Meneer, ek het my eie wette," sal die Regter dit nie aanvaar nie. So insgelyks, jy kan dharma ook nie vervaardig nie. Of jy nou 'n baie belangrike man is... Selfs die Hoofregter kan nie 'n wet maak nie. Die wette word deur die staat gegee. Net so, dharma beteken bhāgavata-dharma en ander sogenaamde dharmas, is nie dharmas nie. Hulle sal nie aanvaar word nie. Presies op dieselfde manier, sal die wette wat by jou huis vervaardig word nie aanvaar word nie. Daarom dharmaṁ tu sākṣād bhagavat-praṇītaṁ (SB 6.3.19).

En wat is bhagavat-praṇītaṁ dharma? Dit word in die Bhagavad-gita verklaar, ons almal weet dit. Hy het gekom, Krsna het gekom. Sy sending was dharma-saṁsthāpanārthāya, vir die stigting van die godsdienstige beginsels, of die hervestiging daarvan. Dharmasya glānir bhavati Bharata. Yada yada hi dharmasya glānir bhavati Bharata (BG 4.7). So soms is daar glāni, teenstrydighede in die nakoming van die beginsels van dharma. Op daardie tydstip kom Krsna. Paritrāṇāya sādhūnāṁ vināśāya ca duṣkṛtām (BG 4.8). Yuge Yuge sambhavāmi. So hierdie dharma, Krsna het nie gekom om die sogenaamde dharmas te herorganiseer nie: Hindu Dharma, Moslem dharma, Christian dharma, Boeddha se dharma. Nee. Volgens Śrīmad-bhagavatam word daar gesê, Dharmah projjhita-kaitavo (SB 1.1.2). Die dharma wat 'n soort van bedrog proses is, die soort van dharma is projjhita. Prakṛṣṭa-rūpeṇa ujjhita, beteken uitgegooi, of uitgeskop. So werklike dharma is bhāgavata-dharma, werklike dharma. Daarom sê Prahlāda Maharaja, kaumāra ācaret prājño dharmān bhāgavatān iha (SB 7.6.1). Eintlik beteken dharma God, ons verhouding met God, en om volgens die verhouding te handel, sodat ons die uiteindelike doel van die lewe kan bereik. Dit is dharma.