AF/Prabhupada 0064 - Siddhi beteken Volmaaktheid van die Lewe



Lecture on SB 6.1.15 -- Denver, June 28, 1975

Kecit beteken "iemand." "Baie selde." "Iemand" beteken "baie selde." Dit is nie so maklik om 'n vāsudeva-parāyaṇāḥ te word nie. Gister het ek verduidelik dat Bhagavān, Kṛṣṇa, sê dat yatatām api siddhānāṁ kaścid vetti māṁ tattvataḥ, manuṣyāṇāṁ sahasreṣu kaścid yatati siddhaye (BG 7.3). Siddhi beteken volmaaktheid van die lewe. In die algemeen neem hulle aṣṭa-siddhi as 'n joga praktyk - aṇimā, laghimā, mahimā, prāpti, siddhi, īśitva, vaśitva, prākāmya. Dit word siddhis, joga-siddi genoem. Joga-siddhi beteken dat jy kleiner as die kleinste kan word. Ons eintlike omvang is baie, baie klein. So deur joga-siddi, ten spyte van 'hierdie materiële liggaam, kan 'n yogi die kleinste word, en enige plek waar hy aangehou word, sal hy van ontsnap. Dit word anima-Siddhi genoem. Net so, is daar mahimā-siddhi, laghimā-siddhi. Hy kan ligter as die katoendepper word. Die yogis, hulle kan so lig raak. Daar is steeds sulke yogis in Indië. Natuurlik, het ons in ons kinderjare 'n yogi gesien, hy het my pa kom besoek. Hy het gesê dat hy enige plek binne 'n paar sekondes kan besoek. En soms gaan hulle vroeg in die môre na Jagannātha Puri, na Rāmeśvaram of na Haridwar, en hul swem in verskillende Ganges water en ander plekke. Dit word laghimā-siddhi genoem. Jy word baie lig. Hy het altyd gesê dat "Ons sit saam met ons guru en kan hom aanraak. Ons sit dus hier, en na 'n paar sekondes kan ons in 'n ander plek sit." Dit is die sogenaamde laghimā-siddhi.

Daar is dus baie joga-siddhis. Mense raak baie verbyster wanneer hulle hierdie joga-Siddhi sien. Maar Kṛṣṇa sê, yatatām api siddhānām: (BG 7.3) "Onder baie sulke siddhas, wie het joga-siddhi gekry," yatatām api siddhānām kaścid vetti māṁ tattvataḥ (BG 7.3), "iemand kan my miskien verstaan." So kan iemand wel 'n paar joga-siddhis bereik; dit is egter nog nie moontlik om Kṛṣṇa te verstaan nie. Dit is nie moontlik nie. Kṛṣṇa kan net verstaan ​​word deur sodanige persone wat alles aan Kṛṣṇa toewy. Daarom vereis Kṛṣṇa, sarva-dharmān parityajya mām ekam śaraṇaṁ (BG 18.66). Krsna kan slegs verstaan word deur sy suiwer aanhanger, nie iemand anders nie.