AF/Prabhupada 0068 - Elkeen Moet Werk



Lecture on SB 6.1.45 -- Laguna Beach, July 26, 1975

Nitai: "In hierdie lewe, sal enige persoon tot die proporsionele mate van die verskeidenheid van werke, óf godsdienstige óf ongodsdienstig, soos dit uitgevoer word, selfs ook in die volgende lewe, so sal hierdie persoon in dieselfde mate en dieselfde verskeidenheid, die gevolglike reaksie van sy karma moet geniet of verduur."

Prabhupāda:

yena yāvān yathādharmo
dharmo veha samīhitaḥ
sa eva tat-phalaṁ bhuṅkte
tathā tāvad amutra vai
(SB 6.1.45)

In die vorige vers het ons bespreek, dehavān na hy akarma-kṛt. Enigiemand met 'n materieële liggaam, moet werk. Elkeen moet werk. Ook in die geestelike liggaam moet jy werk. In die materiële liggaam moet jy ook werk. Om te werk is 'n beginsel van die siel - die siel is die lewenskrag - so hy is altyd besig. Lewende liggaam beteken dat daar beweging is. Daar is werk. Hy kan nie ledig sit nie. In die Bhagavad-gītā word gesê, "Nie eens vir 'n oomblik kan 'n mens ledig wees nie." Dit is die simptoom van 'n lewende wese. Hierdie werkery geskied volgens die betrokke liggaam. Die hond hardloop en 'n man hardloop ook. Maar 'n man dink hy is baie beskaafd omdat hy in 'n motorkar ry. Beide van hulle is besig, maar 'n man wat 'n bepaalde tipe liggaam het waarmee hy 'n voertuig of fiets kan voorberei, en mee kan ry. Hy dink dat "Ek beweeg teen 'n hoër spoed as die hond, daarom is ek beskaafd. Dit is die moderne mentaliteit. Hy ken nie die verskil in spoed waarmee hulle beweeg nie; vyftig myl of vyf myl of vyf duisend myl of vyf miljoen myl per uur. Die heelal is onbeperk. Wat ook al die spoed is wat jy ontdek, dit is steeds onvoldoende. Nog steeds onvoldoende. Dis nie waaaroor die lewe gaan nie, dat "Ek beweeg teen 'n hoër spoed as die hond, daarom is ek beskaafd"

panthās tu koṭi-śata-vatsara-sampragamyo
vāyor athāpi manaso muni-puṅgavānāṁ
so 'py asti yat-prapada-sīmny avicintya-tattve
govindam ādi-puruṣaṁ tam ahaṁ bhajāmi
(Bs. 5.34)

Ons spoed... Waarvoor die spoed? Omdat ons na 'n sekere bestemming wil gaan, dit is sy haas. Dus is die werklike bestemming Govinda, Visnu. En na te viduḥ svārtha-gatiṁ hi viṣṇu. Hulle beweeg teen verskillende snelhede, maar hulle weet nie wat is die eindbestemming is nie. Een beroemde digter in ons land, Rabindranath Tagore, het 'n artikel geskryf- wat ek gelees het - toe hy in Londen was. So in jul land, in Westerse lande, ry motors en die..., hulle ry teen 'n hoë spoed. So Rabindranath Tagore, hy was 'n digter. Hy het gedink dat "Hierdie Engelse se land is so klein, en hulle ry teen so 'n hoë spoed dat hulle in die see sal val." Hy het so opgemerk. Waarom ry hulle so vinnig? So insgelyks, ons hardloop so vinnig om reguit hel toe te gaan. Dit is ons posisie, want ons weet nie wat die regte bestemming is nie. As ek nie weet wat die bestemming is nie en probeer om teen volspoed te ry, wat sal die gevolg wees? Die resultaat sal 'n ramp wees. Ons moet weet waarheen ons op pad is. Net soos 'n rivier in 'n groot gety invloei, vloeiende, maar die bestemming is die see. en wanneer die rivier by die see aankom, is sy bestemming weg. So insgelyks, moet ons weet wat ons bestemming is. Die bestemming is Visnu, God. Ons is deel van God. Ons is... Op een of ander manier, is ons gevalle in hierdie materiële wêreld. Daarom is ons bestemming van die lewe om terug te gaan na ons huis, terug na Godheid toe. Dit is ons bestemming. Daar is geen ander bestemming nie. So ons Kṛṣṇa bewustheids- beweging leer ons "Jy bepaal jou doel van die lewe." En wat is daardie doel van die lewe? "Terug huis toe, terug na Godheid toe. Julle is na die teenoorgestelde kant op pad, na die hel se kant toe. Dit is nie jou bestemming nie. Jy moet na die ander kant toe gaan, terug na Godheid toe. " Dit is ons propaganda.