AF/Prabhupada 0069 - Ek Gaan nie Dood Gaan nie



Conversation Pieces -- May 27, 1977, Vrndavana

Kīrtanānanda: Ons kan nie gelukkig wees as u nie gesond is nie.

Prabhupāda: Ek voel altyd goed.

Kīrtanānanda: Hoekom kan u nie u ouderdom vir ons gee nie?

Prabhupāda: Wanneer ek sien dat dinge mooi verloop, is ek gelukkig. Wat is dit met hierdie liggaam? Die liggaam is die liggaam. Ons is nie die liggaam nie.

Kīrtanānanda: Was dit nie Purudāsa wat sy jeug aan sy pa gegee het nie?

Prabhupāda: Hm?

Rāmeśvara: Yayāti. King Yayāti het sy ouderdom verhandel.

Kīrtanānanda: Met sy seun. U kan dit doen.

Prabhupāda: (lag) Wie het?

Rāmeśvara: King Yayāti.

Prabhupāda: Ah. Yayāti. Nee, hoekom? Julle is my liggaam. So julle leef voort. Daar is geen verskil nie. Net soos wanneer ek werk, is my Guru Mahārāja daar, Bhaktisiddhānta Sarasvatī. Fisies kan hy nie hier wees nie, maar in elke aksie is hy teenwoordig. Ek dink eintlik ek het dit iewers geskryf.

Tamāla Kṛṣṇa: Ja, dit is in die Bhāgavatam, "Hy wat saam met hom leef, hy leef vir ewig. Hy wat sy woorde onthou, leef vir ewig."

Prabhupāda: So ek gaan nie sterf nie. Kīrtir yasya sa jīvati: "Een wat iets aansienlik gedoen het, hy leef vir ewig" Hy gaan nie dood nie. Selfs in ons praktiese lewe... Natuurlik, dit is materieël, karma-phala. 'n Mens moet 'n ander liggaam volgens sy karma aanvaar. Maar vir 'n volgeling is daar nie so iets nie. Hy aanvaar altyd 'n liggaam vir die bediening van Kṛṣṇa. So daar is geen karma-phala nie.