AF/Prabhupada 0073 - Vaikuntha Beteken Sonder Angs



Lecture on BG 10.2-3 -- New York, January 1, 1967

Dis nie asof jy dit net in assosiasie hoef te doen nie. Jy kan hierdie kuns aanleer, en jy kan dit by jou huis doen. Jy kan ook voedsel voorberei, 'n lekker gereg, by jou huis, en dit aan Kṛṣṇa offer. Dit is nie te moeilik nie. Ons berei elke dag iets voor en offer dit aan Kṛṣṇa en sing(chant) die mantra,

namo brahmaṇya-devāya
go-brāhmaṇa-hitāya ca
jagad-dhitāya kṛṣṇāya
govindāya namo namaḥ

Dit is al. Dit is nie baie moeilik nie. Almal kan voedsel voorberei, dit aan Kṛṣṇa offer en dit dan eet, en dan kan jy saam met familielede of vriende sit en voor die prent van Kṛṣṇa sing,

Hare Kṛṣṇa Hare Kṛṣṇa Kṛṣṇa Kṛṣṇa Hare Hare
Hare Rāma Hare Rāma Rāma Rāma Hare Hare

en 'n suiwer lewe leef. Jy sal die resultate daarvan kan sien. As elke huis, elke persoon, hierdie beginsel - hoe om Kṛṣṇa te verstaan - aanneem, sal dit ... Die hele wêreld sal soos Vaikuṇṭha word. Vaikuṇṭha beteken daar waar geen angs is nie. Vaikuṇṭha. Vai beteken sonder, en kuṇṭha beteken angs. Hierdie wêreld is vol angs. Sadā samudvigna-dhiyām asad-grahāt (SB 7.5.5). Omdat ons hierdie tydelike bestaan ​​van 'n materiële lewe aanvaar het, daarom is ons altyd met angs belas. Presies die teenoorgestelde bestaan in die geestelike wêreld, daar waar die planete Vaikuṇṭha genoem word. Vaikuṇṭha beteken sonder angs.

Ons wil vry wees van angs. Almal probeer homself vrymaak van angs, maar niemand weet hoe om uit hierdie angs vry te kom nie. Om skuiling te neem van dronkenskap dra nie by om jouself vry van angs kry nie, het geen nut nie. Dit is 'n dwelm. Dit is vergetelheid. Vir 'n kort tydjie vergeet ons van alles, maar wanneer jy weer tot jou sinne kom is dieselfde angs en dieselfde omstandighede steeds daar. So dit help nie. As jy wil vry wees van angs en as jy eintlik 'n ewige lewe met geluk en kennis soek, dan is hierdie die proses. Hierdie is die proses. Jy moet Kṛṣṇa verstaan. Hier word dit duidelik gestel dat na me viduḥ sura-gaṇāḥ (BG 10.2). Niemand kan verstaan nie. Maar daar is 'n manier. Sevonmukhe hi jihvādau svayam eva sphuraty adaḥ (Brs. 1.2.234). Dit is die proses. Daar is verskeie plekke in die Śrīmad-Bhāgavatam waar hierdie proses op verskillende maniere beskryf word. Op een plek word dit gestel dat

jñāne prayāsam udapāsya namanta eva
jīvanti san-mukharitāṁ bhavadīya-vārtām
sthāne sthitāḥ śruti-gatāṁ tanu-vāṅ-manobhir
ye prāyaśo 'jita jito 'py asi tais tri-lokyām
(SB 10.14.3)

Dit is 'n baie mooi vers. Daar word gesê ajita, niemand kan weet nie. God se ander naam is Ajita. Ajita beteken niemand kan Hom oorwin nie. Niemand kan Hom nader nie. Daarom is Sy naam Ajita. So Ajita word verower. Ajita jito 'py asi. Alhoewel die Here onkenbaar is, die Here onoorwinlik is, Tog, word Hy oorwin. Hoe? Sthāne sthitāḥ.