AF/Prabhupada 0074 - Hoekom Moet Ons Diere Eet?



Lecture on BG 4.21 -- Bombay, April 10, 1974

Alles word in die Bhagavad-gītā beskryf. Bhagavad-gītā sê nie dat "Jy leef deur lug in te asem nie." Nee. Bhagavad-gītā sê, annād bhavanti bhūtāni (BG 3.14). Anna. Anna beteken graankorrels. Grane is noodsaaklikheid. Annād bhavanti bhūtāni. Bhagavad-gītā sê nooit dat "jy nie nodig het om te eet nie. Jy moet eenvoudig lug inasem en joga beoefen. " Nee. Maar ons moet nie te veel of te min eet nie. Dit is wat aanbeveel word. Yuktāhāra-vihārasya. Ons moet nie te veel of te min eet nie. En nirāśīḥ. Nirāśīḥ beteken geen begeerte tot oordadigheid. Nou begeer ons toenemend om ons sintuie te bevredig. Dit is nie wenslik nie. As jy na perfeksie van die lewe streef, word dit tapasya genoem.

Ons het almal begeertes, maar ons moenie onnodiglik begeer nie. Almal het die reg om te eet, selfs die diere. Almal het die reg. Maar omdat ons verlang om meer en meer te geniet, daarom gee ons nie die diere behoorlik kans om te lewe nie; In teendeel, ons probeer eerder om die diere te eet. Dit is onnodig. Dit word nirāśīḥ genoem, Waarom moet jy diere eet? Dit is onbeskaafd. Wanneer daar geen kos is nie, wanneer hulle inboorlinge is, dan kan hulle diere eet, omdat hulle nie weet hoe om self kos te kweek nie. Maar wanneer die menslike samelewing beskaafd raak, kan hulle sulke lekker graansoorte groei, Hy kan koeie aanhou, en in plaas daarvan om die koeie te eet. kan ons melk kry, genoeg melk kry. Ons kan so baie disse van melk en graan maak. Daarom moet ons nie onnodig meer begeer om te geniet nie.

Hier word ook gesê, kurvan nāpnoti kilbiṣam Kilbiṣam beteken gevolglike aksies van sondige lewe. Kilbiṣam. So, as ons nie meer begeer as wat noodsaaklikheid is nie, dan word ons nie geïmpliseer nie, is ons nie betrokke in die sondige aktiwiteite van kurvan api, nie, selfs al is hy besig om te werk. Terwyl jy besig is om te werk, sal jy wetend of onwetend, iets doen wat nie vroom is nie, jy kan selfs sonde pleeg, maar as jy net begeer om ordentlik te lewe, dan kurvan nāpnoti kilbiṣam. Ons lewe behoort sonder enige sondige reaksies te wees. Anders sal ons moet boet. Maar niemand glo dit nie, al sien hulle ook so baie afskuwelike dade. Waarvandaan hulle kom, hierdie 8400000 spesies van lewe? Daar is so baie mense wat in baie haglike toestande leef Natuurlik, die dier of die lewende wese is nie altyd bewus daarvan nie, maar ons as mense behoort te weet waarom ons 'n haglike lewe ly. Dit is Maya se illusie . Elkeen is, net soos ... 'n vark wat in baie vuil toestande leef, stoelgang eet, maar steeds dink hy dat hy baie gelukkig is , en daarom is hy besig om vet te word. Wanneer 'n mens gelukkig voel, "Ek is baie gelukkig," word hy vet. Jy sal dus vind dat hierdie varke baie vet is, maar wat eet hulle? Hulle eet stoelgang en woon in 'n vuil plek. Maar hulle dink "Ons is baie gelukkig." Dit is Maya se illusie.

Enigiemand wat in baie haglike toestande lewe, dink as gevolg van Maya, as gevolg van illusie, dat alles reg is, dat hy perfek lewe. Maar 'n persoon wat op die hoër vlak is kan sien dat hy in baie haglike toestande lewe.

So hierdie illusie is daar, maar deur kennis, deur goeie assosiasie, deur opdragte uit geskrifte, van 'n guru, van heilige persone te neem moet mens verstaan ​​wat die waarde van die lewe is en daarvolgens lewe. So dit is in opdrag van Krsna - nirāśīḥ, 'n mens moenie onnodig vol begeertes wees nie, vir meer as wat noodsaaklik is vir die lewe nie. Dit is die sogenaamde nirāśīḥ. Nirāśīḥ. 'n Ander betekenis is dat iemand nie baie lief is vir materieële genot nie. En dit is moontlik wanneer hy ten volle bewus is dat "Ek is nie die liggaam nie. Ek is die gees, siel. 'n Noodsaaklikheid is hoe om in geestelike kennis te vorder. " Dan kan hy nirāśīḥ word. Hierdie is iets vir tapasya, soberheid, boetedoening. Mense het tans daarvan vergeet.

Hulle weet nie wat boetedoening is nie. Maar die menslike lewe is bedoel daarvoor. Tapo divyaṁ putrakā yena śuddhyet sattvaṁ yena brahma-saukhyam anantam (SB 5.5.1). Dit is die opdrag van die geskrifte. Die menslike lewe is bedoel vir tapasya.

En tapasya ... Daarom is die aanvanklike stadium van die lewe in die Vediese lewenswyse een van tapasya, brahmacārī, brahmacārī. 'n Student word na 'n gurukula gestuur vir praktiserende brahmacarya. Dit is tapasya, dis nie 'n gemaklike lewe nie. Om op die vloer te slaap, om van deur-tot-deur te bedel vir aalmoese vir die guru. Sonder om moeg te raak. Omdat hulle kinders is, word hulle in hierdie boetedoenings opgelei, kry hulle oefening daarin. Hulle noem alle vroue "Moeder." "Moeder, gee my 'n paar aalmoese." En hulle keer terug na die plek van die guru. Alles behoort aan die guru. Dit is brahmacārī lewe. Dit is tapasya. Tapo divyam (SB 5.5.1). Dit is die Vediese beskawing dat kinders van die begin van die lewe af opgelei moet word in tapasya, brahmacarya. Selibaat. 'n brahmacārī kan nie met enige jong vrou meng nie. Selfs as die guru se vrou jonk is, kan hy nie na die guru se vrou gaan nie. Dit is die beperkings. Waar is hierdie brahmacarya dan vandag? Geen brahmacārī. Hierdie is Kali-yuga. Geen tapasya.