AF/Prabhupada 0075 - Jou Rig tot 'n Guru



Lecture on SB 1.8.25 -- Mayapur, October 5, 1974

Wanneer iemand nuuskierig is en navraag doen oor die hoër vlak vrae, brahma-jijñāsā, dan benodig hy 'n guru. Tasmād guruṁ prapadyeta: "Jy is nou nuuskierig om insig te kry tot 'n hoër kennisvlak, dan moet jy na 'n guru gaan." Tasmād guruṁ prapadyeta. Wie? Jijñāsuḥ śreya uttamam. Uttamam. Uttamam beteken dit wat bo hierdie duisternis is. Hierdie hele wêreld is duisternis. So iemand wat bo die duisternis wil uitstyg, Tamasi mā jyotir gama. Die Vediese opdrag is: "Moenie jouself in die duisternis hou nie. Gaan na die lig toe.." Daardie lig is Brahman, brahma-jijñāsā. So iemand wat nuuskierig is... Die uttama ... Udgata-Tama yasmāt. Udgata-Tama. Tama beteken onkunde. So in die geestelike wêreld, is daar geen onkunde nie. Jñāna. Die Māyāvādī filosowe, hulle sê eenvoudig, jñāna, jñānavān. Maar jñāna is nie gestereotipeer nie. Daar is in verskeidenheid van jñāna. Net soos in Vṛndāvana, is daar jñāna, maar daar is 'n verskeidenheid. Iemand wil Krsna liefhê as 'n kneg. Iemand wil Krsna liefhê as 'n vriend. Iemand wil Kṛṣṇa se oorvloed waardeer. Iemand wil Krsna liefhê as 'n pa of ma. Iemand wil Kṛṣṇa liefhê as 'n minnaar, as minnares - nie te min. So, iemand wil Kṛṣṇa liefhê as Sy vyand. Net soos Kaṁsa. Dit is ook vṛndāvana-lila. Hy dink gedurig aan Kṛṣṇa, maar op 'n ander manier, hoe om Kṛṣṇa dood te maak. Pūtanā, sy het glo ook as liefhebber van Krsna gekom, om haar bors aan te bied; maar die interne begeerte was om Kṛṣṇa dood te maak. Maar dit word ook gereken as indirekte liefde, indirekte liefde. Anvayāt.

So Kṛṣṇa is jagad-guru. Hy is die oorspronklike onderwyser. Daardie onderwyser onderrig persoonlik in die Bhagavad-gita, en ons vabonde, ons neem nie die onderrig ter harte nie. Kyk net. Daarom is ons mūḍhas. Enigiemand wat onbevoeg is om die lesse te aanvaar wat deur die jagad-guru gegee word, hy is mūḍha. Daarom is die toets: as iemand Kṛṣṇa nie ken nie, As 'hy nie weet hoe om Bhagavad-gita te volg nie, neem ons onmiddellik aan hy is 'n rakker. Maak nie saak of hy die eerste minister is, of 'n regter, of ... Nee. "Nee, hy is eerste minister. Hy is 'n regter. Tog, mūḍhaḥ?" Ja. "Hoe?" Māyayāpahṛta-jñānāḥ: (BG 7.15) "Hy het geen kennis van Kṛṣṇa nie. Hy is bedek deur Maya.." Māyayāpahṛta-jñānā āsuraṁ bhāvam āśritāḥ. Daarom is hy mūḍha. Direkte verkondiging. Natuurlik, jy kan dit alles versagtend oordra, net om nie enige oproer te veroorsaak nie maar enigiemand wat Kṛṣṇa nie as die jagad-guru aanvaar nie, en nie sy instruksies volg nie, hy is 'n vabond. Net soos hierdie mūḍha in Jagannātha Puri. Hy sê dat "Neem 'n volgende geboorte. Dan kan jy ..." Dit is mūḍha, aanvaar hom as 'n vabond. Hoekom? Hy is jagad-guru; Hy sê ook: "Ek is jagad-guru." Maar hy is nie jagad-guru nie. Hy het nie eens 'n idee wat Jagat is nie. Hy is 'n padda. En hy beweer hy is jagad-guru. So hy is mūḍha. Krsna sê so. Hy is mūḍha omdat hy nie die instruksies van Kṛṣṇa ter harte neem nie.