AF/Prabhupada 0850 - As Jy 'n Bietjie Geld Kry, Druk Boeke



750620d - Lecture Arrival - Los Angeles

Ons maak geen nuwe ontdekkings nie. (Lag) Ons vervaardig niks. Hierdie is ons proses. Ons volg eenvoudig net die opdrag van die voorganger, dis al. Ons beweging is baie eenvoudig, want ons hoef niks te vervaardig nie. Ons herhaal bloot die woorde en die opdrag soos gegee is deur die voorganger. Kṛṣṇa onderrig Brahmā, Brahmā onderrig Nārada, Nārada onderrig Vyāsadeva, Vyāsadeva onderrig Madhvācārya, en op hierdie manier, dan volg Mādhavendra Purī, Īśvara Purī, Śrī Caitanya Mahāprabhu daarna kom die ses Gosvāmīs, dan is dit Śrīnivāsa Ācārya, Kavirāja Gosvāmī, Narottama dāsa Ṭhākura, Viśvanātha Cakravartī, Jagannātha dāsa Bābājī, Bhaktivinoda Ṭhākura, Gaurakiśora dāsa Bābājī, Bhaktisiddhānta Sarasvatī en dan doen ons dieselfde ding. Daar is geen verskil nie. Dit is die spesifieke prosedure van die Kṛṣṇa Bewussynsbeweging. Julle sing daagliks, guru-mukha-padma-vākya, cittete koriyā aikya, ār nā koriho mane āśā. Dit is baie eenvoudig.. Ons ontvang die transendentale kennis deur guru-paramparā openvolging. Dus moet ons net eenvoudig opdragte van die guru aanvaar, en as ons dit uitvoer in hart en siel, is dit suksesvol. Dit is prakties.

Ek het geen persoonlike kwalifikasie nie, maar ek het net probeer om my guru tevrede te stel, dis al. My Guru Mahārāja het my gevra dat "As jy 'n bietjie geld kry, druk dan boeke." So was daar 'n geslote vergadering, met gesprekvoering, 'n paar van my belangrike mede-broers was ook daar. Dit was in Rādhā-kuṇḍa. So Guru Mahārāja het met my gepraat "Sedert ons hierdie Baghbazar marmer tempel gekry het, was daar 'soveel verdeeldheid, en almal dink wie hierdie kamer of daardie kamer, of die kamer sal beset. My wens is dus om hierdie tempel en die marmer te verkoop en 'n paar boeke te druk." Ja. Ek het toe uit sy mond gehoor dat hy baie lief is vir boeke. En hy het persoonlik vir my gesê "As jy 'n bietjie geld kry, druk boeke." Daarom beklemtoon ek hierdie punt: "Waar is die boeke. Waar is die boeke. Waar is die boeke??" Dit is my vriendelike versoek om hulp. Druk soveel boeke in soveel tale as moontlik en versprei dit oor die hele wêreld. Dan sal die Kṛṣṇa Bewussynsbeweging outomaties laat uitbrei. Nou waardeer die opgevoede, geleerde navorsers ons beweging, deur die lees van boeke, deur dit prakties te volg. Dr. Stillson Juda, hy het 'n boek geskryf, miskien weet julle daarvan, Krsna Con ... "Hare Krishna and Counterculture", 'n baie mooi boek wat oor ons beweging gaan. en hy heg waarde daaraan toe. Hy het erken dat "Swāmījī, jy het n wonderlike ding gedoen omdat jy die dwelmverslaafde hippies verander het in aanhangers van Kṛṣṇa, en hulle voorberei om die mensdom te dien."