AF/Prabhupada 1070 - Dienslewering is die ewige Godsdiens van die lewende wese
660219-20 - Lecture BG Introduction - New York
Met verwysing na die bogenoemde konsep van sanātana-dharma, kan ons probeer om die konsep van godsdiens uit die Sanskrit stambetekenis van die woord dharma te verstaan. Dit beteken dit wat voortdurend saam met die spesifieke voorwerp teenwoordig is. Soos ons reeds genoem het, wanneer ons praat van 'n brand is dit vanself sprekend dat daar op dieselfde tydstip hitte en lig saam met die vuur teenwoordig sal wees. Sonder hitte en sonder lig, het die woord vuur of brand geen betekenis nie. Net so, moet ons uitvind wat die essensiële deel van 'n lewende wese is wat hom altyd vergesel. Die konstante metgesel van die lewende wese is sy ewighieds-eienskap, en 'n deel van die lewende wese se ewigheids- eienskap is sy ewige godsdiens. Toe Sanātana Gosvāmī Heer Sri Caitanya Mahaprabhu oor die svarūpa uitgevra het- ons het reeds die svarūpa van al die lewende wesens bespreek- svarūpa of die werklike samestelling van die lewende wese, die Here het geantwoord: is die konstitusionele posisie van die lewende wese se dienslewering aan die Hoogste Persoonlikheid van Godheid. En as ons hierdie deel van die verklaring van Heer Caitanya analiseer, kan ons baie gou sien dat die lewende wese in elk geval voortdurend betrokke is by dienslewering aan ander lewende wesens. 'n Lewende wese dien ander lewende wesens in verskillende hoedanighede, en deur dit te doen, geniet die lewende entiteit die lewe. 'n Laer dier dien 'n mens, 'n kneg dien sy meester, A dien meester B, B dien meester C en C dien meester D en so aan. Onder die omstandighede kan ons sien dat selfs een vriend 'n ander vriend dien, en die moeder dien haar seun, of die vrou dien haar man, of die man dien sy vrou. As ons verder in hierdie gesindheid soek, sal ons sien dat daar geen uitsondering in die samelewing van lewende wesens is waar ons nie die aktiwiteit van diens kry nie. Die politikus lewer sy manifes voor die publiek en oortuig kiesers van sy kapasiteit om te dien. Die kieser gee ook sy waardevolle stem aan die politikus in verwagting dat die politikus diens aan die gemeenskap sal lewer. Die winkelier dien die kliënte en die vakman dien die kapitaliste. Die kapitalis dien sy familie en die familie dien die hoofman in terme van die ewige kapasiteit van die ewige wese. Op hierdie manier kan ons sien dat geen lewende wese vrygestel word van die praktyk van dienslewering aan ander lewende wesens nie, en daarom kan ons aflei dat diens iets is wat die konstante metgesel van die lewende wese is, en daarom kan ons met sekerheid tot die gevolgtrekking kom dat dienslewering deur 'n lewende wese die ewige godsdiens van die lewende wese is. Wanneer 'iemand voorgee om aan 'n spesifieke tgeloof te behoort, met verwysing na die spesifieke tyd en omstandighede van sy geboorte, en iemand beweer dus dat hy 'n Hindoe, 'n Moslem, 'n Christen, Boeddhis, of van enige ander geloof is, of 'n sub-sekte, is sodanige klassifikasie nie-sanātana-dharma nie. 'n Hindoe kan sy geloof verander na 'n Moslem, of 'n Moslem kan verander om 'n Hindoe of 'n Christen te word, ens, maar in alle omstandighede sal so 'n verandering van godsdienstige geloof nie toelaat dat 'n persoon sy ewige betrokkenheid by dienslewering aan ander verander nie. 'n Hindoe of 'n Moslem of 'n Christen, is in alle omstandighede, 'n dienaar van iemand anders, en om dus 'n spesifieke tipe van geloof te bely word nie beskou as sanātana-dharma nie, die konstante metgesel van die lewende wese, met ander woorde, dienslewering, is die sanātana-dharma. So feitelik, is ons in die diens van die Opperste Heer. Die Allerhoogste Here is die hoogste een wat geniet, en ons as lewende entiteite is Sy hoogste dienaars. Ons is geskape vir Sy plesier, en as ons deelneem, deelneem aan die ewige genot saam met die Hoogste Persoonlikheid van Godheid, maak dit ons gelukkig - en niks anders sal nie. Onafhanklik, soos ons reeds verduidelik het, onafhanklik, kan geen deel van die liggaam. die hande, voete, die vingers of enige ander deel van die liggaam, onafhanklik gelukkig wees sonder die samewerking met die maag nie, Net so, kan die lewende entiteit nooit gelukkig wees sonder transendentale liefdevolle dienslewering aan die Allerhoogste Here nie. So, in die Bhagavad-Gita word die aanbidding van verskillende demigode nie goedgekeur nie, glad nie goedgekeur nie ... Dit word in die sewende hoofstuk vers twintig van die Bhagavad-Gita gesê, kāmais tais tair hṛta-jñānāḥ prapadyante 'nya-devatāḥ. Kāmais tais tair hṛta-jñānāḥ. Diegene wat gerig word deur wellus, slegs hulle sal ander gode as die Opperste Heer Kṛṣṇa, aanbid.