AF/Prabhupada 0065 - Almal sal gelukkig wees

Revision as of 13:07, 22 October 2018 by Vanibot (talk | contribs) (Vanibot #0023: VideoLocalizer - changed YouTube player to show hard-coded subtitles version)
(diff) ← Older revision | Latest revision (diff) | Newer revision → (diff)


Arrival Lecture -- Gainesville, July 29, 1971

Vroulike gas: Is daar plek in die beweging vir ander persone wat indirek vir Krsna dien, eerder as om die hele dag die Hare Krsna mantra te sing?

Prabhupāda: Nee, die proses is, net soos wanneer die wortels van 'n booim natgegooi word, die water na die blare, takke, takkies versprei, en hulle vars bly. Maar as jy net water op die blare gooi, sal die blare verdroog, en die boom sal ook verdroog. As jy jou voedsel in die maag sit, sal die energie versprei word na jou vingers, na jou hare, jou naels en oral. En as jy voedsel in die hand neem en dit nie in die maag sit nie, sal dit nutteloos afval wees. So al die humanitêre diens word vermors, omdat daar geen Krsna bewustheid is nie. Hulle probeer op so vele maniere om die menslike samelewing te dien, maar hulle is almal gefrustreerd met die nuttelose pogings, omdat daar geen Kṛṣṇa, bewustheid is nie. En indien mense opgelei word om Kṛṣṇa bewus te wees, word almal outomaties gelukkig . Enige een wat wil aansluit, een, iemand wat wil hoor, enigeen wat wil saamwerk - almal sal gelukkig wees. So ons proses is 'n natuurlike proses. Jy het God lief, en as jy 'n deskundige daarin word, sal jy natuurlik lief wees vir almal. Net soos die Kṛṣṇa bewuste persoon, omdat hy God liefhet, ook die diere liefhet. Hy is lief vir voëls, diere, almal. Maar sogenaamde humanitêre liefde beteken dat hulle liefdevol is teenoor 'n paar mense, maar die diere word doodgemaak. Waarom hou hulle nie van die diere nie? As gevolg van onvolmaaktheid. Maar die Krsna bewuste persoon sal nooit 'n dier doodmaak of selfs moeilikheid gee nie. Maar dit is universele liefde. As jy net jou broer of suster lief het, is dit nie universele liefde nie. Universele liefde beteken dat jy vir almal lief moet wees. Daardie universele liefde kan deur Kṛṣṇa bewustheid ontwikkel word, nie andersins nie.

Vroulike gas: Ek weet dat sommige van die aanhangers dit nodig gevind het om verhoudings te verbreek, om dit so te noem, met hul materiële wêreld ouers en dit gee het hulle 'n mate van hartseer besorg, omdat hul ouers dit nie verstaan ​​het nie. Nou wat sê jy vir hulle om dit soort van makliker te maak?

Prabhupāda: Wel, 'n seun wat Krsna bewus is, gee die beste diens wat daar is aan sy ouers, families, landgenote, die samelewing. Sonder om Krsna bewus te wees, watter diens is daar wat hulle aan hul ouers kan gee? Meestal is hulle geskei. Maar, net soos Prahlāda Maharaja 'n groot aanhanger was en sy vader 'n groot nie-aanhangers was, soveel so dat sy pa deur Nṛsiṁhadeva dood gemaak is, het Prahlāda Maharaja, toe hy in opdrag van die Here 'n paar seëninge kon neem, gesê: "Ek is nie 'n handelaar nie, Here, wat aan U sekere dienste gee en dan weer iets inruil terugneem nie. Verskoon my asseblief." Nṛsiṁhadeva was baie tevrede: "Hier is 'n suiwer aanhanger." Maar dieselfde suiwer aanhanger versoek toe die Here, "My Meester, my pa was 'n ateïs, en hy het so baie misdade gepleeg,, maar ek smeek U dat U my pa sal bevry." En Nṛsiṁhadeva het gesê, "Jou pa is reeds bevry omdat jy sy seun is. Ten spyte van al sy oortredings, is hy bevry, want jy is sy seun. Nie net jou pa nie maar die vader van jou vader, en sy vader tot sewe geslagte terug, hulle is almal bevry." So indien 'n Vaiṣṇava in 'n gesin verskyn, bevry het hy nie net sy pa nie, maar ook sy pa, en sy pa, sy vader, en so voort. Dit is dus die beste diens wat aan die familie bewys kan word, om Kṛṣṇa bewus te word. Eintlik het dit al gebeur. Een van my studente, Kārttikeya, se moeder was so lief vir die samelewing dat gewoonlik wanneer hy sy ma wou sien, sy ma gesê het" sit. Ek gaan na 'n dans party." Dit was hulle verhouding. Tog, omdat hy, hierdie seun, Kṛṣṇa bewus is, het hy baie keer met sy ma van Kṛṣṇa gepraat. Ten tye van haar dood het die moeder vir die seun gevra, "Waar is jou Kṛṣṇa ? Is Hy hier?" En sy het onmiddellik daarna gesterf. Dit beteken dat sy ten tye van haar dood vir Kṛṣṇa onthou het, en sy was dadelik gevry. Dit word in die Bhagavad-gita gesê, yaṁ yaṁ vāpi smaran loke tyajaty ante kalevaram (BG 8.6). Indien mens ten tye van die dood vir Kṛṣṇa onthou, is die lewe suksesvol. So hierdie ma, op die rekening van haar seun, haar Kṛṣṇa bewuste seun, is bevry, sonder om werklik tot Kṛṣṇa Bewustheid te kom. Dit is dus die voordeel.