AF/Prabhupada 1062 - Ons het die neiging om die materiële natuur te wil beheer



660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

So is ons, word ons mislei. Wanneer ons wonderlike dinge in die kosmiese natuur sien gebeur, moet ons weet dat agter hierdie wonderlike manifestasies, is daar 'n beheerder. Niks kan manifesteer sonder om beheer te word nie. Dit is kinderlik om nie aan die beheerder ook te dink nie. Net soos 'n baie mooi motor, met 'n goeie spoed, en baie goeie engineersvernuf in die straat af ry, mag 'n kind dalk dink "Hoe loop hierdie motor, sonder die hulp van enige perd of iets wat dit trek? " Maar 'n wyse man of 'n bejaarde persoon, weet, dat ten spyte van al die engineersvernuf in die motor, kan dit nie sonder die bestuurder beweeg nie. Dit is die engineersvernuf van 'n motor, of in 'n elektriese kragbron ... Op die oomblik is dit die era van masjinerie, maar ons moet altyd onthou, dat agter die masjinerie, agter die wonderlike werking van die masjinerie, is daar 'n bestuurder. So is die Allerhoogste Heer die bestuurder, adhyakṣa. Hy is die Hoogste Persoonlikheid onder wie se leiding alles werk. So word hierdie Jiva, of die lewende entiteite, deur die Here in hierdie Bhagavad-Gita aanvaar, soos ons sal sien in latere hoofstukke, as deel of part van die Opperste Heer. Mamaivāṁśo Jiva-bhūtaḥ (BG 15.7). Amsa beteken part van. Soos 'n stukkie goud ook 'n deeltjie is, 'n druppel water van die oseaan ook sout is, Net so, is ons, die lewende entiteite, as deel en part van die Allerhoogste beheerder, īśvara, Bhagavān, of Heer Śrī Kṛṣṇa, het ons ook, ek meen, kwalitatief al die eienskappe van die Opperste Heer in geringe maat. Omdat ons in geringe maat īśvara is, die ondergeskikte īśvara, probeer ons ook om te beheer. Ons probeer om oor die natuur te heers. Deesdae probeer ons ook in die ruimte heers. Daar word gepoog om nabootsings van planete te laat dryf. So hierdie tendens van beheer of van skep is daar omdat ons ​​die gedeeltelike geneigdheid het om te beheer. Maar ons moet weet dat hierdie geneigdheid nie voldoende is nie. Ons het die neiging om oor die materiële natuur te heers, as heersers oor die materiële aard, maar ons is nie die hoogste beheerder nie. So dit word in die Bhagavad-Gita verduidelik.

Wat is dan hierdie materiële natuur? Die natuur word ook verduidelik. Die natuur, materiële natuur, word in die Bhagavad-Gita as minderwaardig, as minderwaardige prakṛti beskryf. Minderwaardige prakṛti, en die lewende entiteite word as die superieure prakṛti beskryf. Prakṛti beteken dit wat beheer word, wat onder ... Prakṛti, die ware betekenis van prakṛti is 'n vrou. Net soos 'n man die aktiwiteite van sy vrou beheer, Net so, is prakṛti ook die ondergeskikte, wat oorheers word. Die Here, die Hoogste Persoonlikheid van Godheid, is die hoogste beheerder, en die prakṛti, beide die lewende entiteite en die materiële natuur, hulle is verskillende prakṛtis, word oorheers, beheer deur die Allerhoogste. So volgens die Bhagavad-Gita, word die lewende entiteite, hoewel hulle onderdele van die Allerhoogste Heer is, word hulle as prakṛti geneem. Dit word duidelik in die Sewende hoofstuk van die Bhagavad-Gita beskryf, apareyam itas tu viddhi aparā (BG 7.5). This material nature is aparā iyam. Itas tu, en verder as hierdie is 'n ander prakṛti. En wat is hierdie prakṛti? Jiva-bhūta, hierdie...

So hierdie prakṛti, die samestelling van hierdie prakṛti word beskryf deur drie eienskappe: die hoedanigheid van goedheid is, die hoedanigheid van passie, en die hoedanigheid van onkunde. En behalwe hierdie hoedanighede, die drie verskillende soorte hoedanighede, goedheid, passie, en onkunde, is daar die ewige tyd. Daar is die ewige tyd. En deur die kombinasie van hierdie hoedanighede van die natuur en onder die beheer, onder die bestek van hierdie ewige tyd, is daar aktiwiteite. Is daar aktiwiteite, wat karma genoem word. Hierdie aktiwiteite vind van die vroegste van tye af plaas en ons ly onder of geniet die vrugte van al ons aktiwiteite.