AF/Prabhupada 1067 - Ons moet die Bhagavad-gita aanvaar, sonder interpretasie, sonder enige weglating

From Vanipedia
Jump to: navigation, search
Go-previous.png Vorige Bladsy - Video 1066
Volgende Bladsy - Video 1068 Go-next.png

We Must Accept the Bhagavad-gita Without Interpretation, Without any Cutting - Prabhupāda 1067


660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

Daar is voldoende fasiliteite vir die klein volledige eenhede, naamlik die lewende entiteite, om die volledige te verwesenlik. En alle vorme van onvolledigheid word net ervaar op grond van onvolledige kennis van die volledige. So, die Bhagavad-Gita is die volledige kennis van alle Vediese wysheid.

Die hele Vediese kennis is onfeilbaar. Daar is verskillende voorbeelde hoe ons Vediese kennis as onfeilbaar ervaar. Neem byvoorbeeld, die Hindoes is bekommerd, en hoe hulle die Vediese kennis as volledige aanvaar, is hierdie nou 'n onbeduidende voorbeeld. Soos met die koei mis. Beesmis is die stoelgang van 'n dier. en volgens smṛti of Vediese wysheid, indien iemand aan die stoelgang van 'n dier raak moet hy gaan bad om homself te reinig. Maar in die Vediese geskrifte word beesmis as suiwer verklaar. Of eerder enige onsuiwer plek of onrein ding kan gesuiwer word deur die aanwending van 'n koei se mis. So, as 'n mens sou argumenteer hoe is dit dat in een plek gesê word dat die stoelgang van 'n dier onsuiwer is, en op 'n ander plek word gesê dat die beesmis, wat ook die stoelgang van 'n dier is, dit suiwer is, dit is mos teenstrydig. Maar eintlik, dit kan blyk na 'n teenstrydigheid, maar omdat dit is Vediese aanwysing is, moet dit dus vir alle praktiese doeleindes aanvaar word. En deur die aanvaarding daarvan begaan ons nie 'n fout nie. Die moderne aptekers, die moderne wetenskap, ene dr Lal Mohan Gosal, het bevind dat Hy het met die baie fyn ontleding van beesmis gevind dat beesmis 'n samestelling is met alle antiseptiese eienskappe. Netso het hy ook die water van die Ganges ontleed, uit pure nuuskierigheid. So my indruk is dat Vediese kennis volledig is, want dit is bo alle twyfel bewys en sonder enige foute. So, en die Bhagavad-Gita is die essensie van alle Vediese kennis. Die Vediese kennis is dus onfeilbaar. Dit word oorgedra in die perfekte dissipelse suksessie.

Daarom is Vediese kennis nie 'n ding van navorsing nie. Ons navorsing is onvolmaak omdat ons alles ondersoek met onvolmaakte sintuie. Daarom is die gevolg van ons navorsing ook onvolmaak. Dit kan nie perfek wees nie. Ons moet die perfekte kennis aanvaar. Die volmaakte kennis word oorgedra, soos dit in die Bhagavad-Gita beskryf word, ons moet net begin, evaṁ paramparā-prāptam imaṁ rājarṣayo viduḥ (BG 4.2). Ons moet die kennis van die regte bron ontvang, in die dissipelse suksessie, vanaf 'n geestelike meester beginnende by die Here self. So die Bhagavad-Gita word deur die Here self gespreek. En Arjuna, die, ek meen te sê, die student wat lesse in die Bhagavad-Gita gekry het, Hy aanvaar die hele storie net soos dit is, sonder enige verandering. Dit word ook nie toegelaat dat ons 'n sekere gedeelte van Bhagavad-Gita aanvaar en 'n ander gedeelte verwerp nie. Dit word nie aanvaar nie. Ons moet die Bhagavad-Gita aanvaar sonder enige interpretasie, sonder enige verandering, en sonder ons eie wispelturige deelname in die saak, want dit moet aanvaar word as die mees volmaakte Vediese kennis. Die Vediese kennis word vanaf die transendentale bronne ontvang omdat die eerste woord deur die Here self gespreek is. Die woorde van die Here self word apauruṣeya genoem, of nie gelewer deur enige persoon van die alledaagse wêreld, wat met vier beginsels van onvolmaaktheid geteister word nie. 'n Lewende wese van die alledaagse wêreld het vier gebrekkige beginsels in sy lewe, en hulle is 1) dat hy foute sal maak, 2) Hy soms onder illusie staan, en 3), hy die neiging het om ander te bedrieg, en 4) hy toegerus is met onvolmaakte sintuie. Met hierdie vier beginsels van onvolmaaktheid geteister, kan 'n mens nie die perfekte vorm van inligting in die saak met allesoorheersende kennis lewer nie. Die Vedas is nie so nie. Die Vediese kennis is in die hart van Brahma oorgedra, die eerste geskape lewende wese. En Brahma het op sy beurt die kennis aan sy seuns en dissipels versprei soos dit oorspronklik van die Here ontvang is.